Leon Ferreira & Steve Hofmeyr - Kantel

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 21 жов 2024
  • Geniet die musiekvideo vir Kantel deur Leon Ferreira & Steve Hofmeyr
    Geniet die enkelsnit op die platform van jou keuse - vyd.co/Kantel
    Lirieke:
    Hy wat bly hang
    Aan die soom van ‘n mantel
    Is lewenslank bang
    Vir die dag as hy wankel
    ‘n Man bly net bo
    Vir so lank as hy glo wat hy doen
    Hy wat net praat
    Oor beloftes vir eendag
    Sien hande vol saad
    Wegspoel op ‘n reendag
    In plaas dat hy plant
    In die hart van die land waar hy glo
    Maar ek is soos jy
    En jy is nes ek
    Eers die dag as ons kantel
    En stap deur daai hek
    Eers dan raak ons stil
    En kyk vir mekaar
    En sé glo dit as jy wil
    Jou werk hier is klaar
    Dors gaan hy kry
    Vroër of later
    Jy kan ‘n mens net lei
    Na die lewende water
    Eers wanneer hy drink
    Man dis dan dat ek dink hy word vry
    Wat’s in dit vir my
    Om luidkeels en hard op
    Hierdie klok te bly lui
    Solank as my hard klop
    Die toekoms bly wink
    Vir die kinders van die wind agter my
    Maar ek is soos jy
    En jy is nes ek
    Eers die dag as ons kantel
    En stap deur daai hek
    Eers dan raak ons stil
    En kyk vir mekaar
    En sé glo dit as jy wil
    Jou werk hier is klaar
    Glo dit as jy wil
    Eers dan bly ons stil
    Regiseur:
    Fritz de Jager
    Kameras:
    Fritz de Jager
    Redigeerder:
    Leon Ferreira
    Kleur Redigeerder:
    Leon Ferreira
    Musiekvideo Konsep:
    Leon Ferreira & Steve Hofmeyr
    Produksie Bestuurders:
    Leon Ferreira
    Musiekvideo Vervaardiger:
    Leon Ferreira Produksies
    Skrywer / Publiseerder:
    Leon Ferreira / Vonk Uitgewers CC
    www.realmusic.c...
    / vonkmusiek
    / vonkmusiek
    Subscribe here: / @realmusicvonkmusiek

КОМЕНТАРІ • 187

  • @LoriConradie
    @LoriConradie 7 місяців тому +9

    Bravo!! Mag jul werk nooit stil raak nie. Being an Italian this makes me extremely proud of our country SA and language. What an honor❤ Well done guys.

  • @tjops1000
    @tjops1000 Рік тому +27

    Bitter mooi, altwee my geliefde sangers. Ons kan net opkyk en ons Hemelse Vader vra om ons te bewaar. Anita Jackson, Bloemfontein

  • @stephangreyvenstein5731
    @stephangreyvenstein5731 Рік тому +47

    Mag hierdie song ons land laat kantel...
    .. na eerbied vir mekaar
    ... na vrede
    ...na hoop, geloof en liefde
    ... na Jesus

  • @JohanTolken-e7v
    @JohanTolken-e7v 7 місяців тому +3

    Baie baie netjies....mis so baie my afrikaans vanuit Ierland...geniet hierdie vreeslik baie 👌🏻

  • @AfrikanerBoer
    @AfrikanerBoer Рік тому +3

    Absoluut Nommer 1 vir 2023!!!! Leon & Steve... Eersteklas!!!

  • @simonriekert233
    @simonriekert233 Рік тому +37

    Absoluut briljant Leon! Beste Afrikaans lied met Steve in ń lang, lang tyd. Baie geluk menere, dis eersteklas!

  • @phyllisjohst6481
    @phyllisjohst6481 Місяць тому +2

    Leon jy en Steve sing so mooi saam baie dankie vir n pragtige lied ♥️

  • @sonettevandyk6874
    @sonettevandyk6874 14 днів тому

    Absolute stunning song. Love it. Two beautiful voices together.❤❤🙏🙏🙏

  • @rose-marieackerman8351
    @rose-marieackerman8351 11 місяців тому +7

    Amen 🙏 Ons moenie uitstel om te saai nie die tyd raak min.

  • @mariacilliers9298
    @mariacilliers9298 11 місяців тому +5

    Julle dit is absoluut SKITTEREND. Welgedaan. Asb muni ophou ni, ons soek NOG.

  • @dalenegroenewald5853
    @dalenegroenewald5853 9 місяців тому +12

    Hoe mooi!!!!!!! Here red ons land!!!!❤

  • @mariekruger8977
    @mariekruger8977 Рік тому +3

    Mal oor Leon Ferreira en Steve!!!!!!!! So.mooi!!!!!!!

  • @chloevanrooyen1596
    @chloevanrooyen1596 9 місяців тому +6

    GEE STEVE!!! WORDS CAN'T EXPLAIN THE PERSON YOU🤗 ARE. I THINK IT STARTED WITH YOUR💝 MOVIE 'AGTER ELKE MAN' IT NEVER ENDED IN MY HEART❤SO MANY MEMORIES THAT IS AND ALWAYS WILL BE TREASURED 🌟ABOVE🤗THANKS SO MUCH TO YOU💝AND LEON💝GOD'S RICHEST BLESSINGS🛐 AND LOVE ❤AMEN.❤❤❤🕊🥀🌷⚘

  • @hettiebotha8901
    @hettiebotha8901 Рік тому +13

    Baie dankie manne!! Dis pragtig!! Afrikaans is die mooiste taal. God is ook die God van Afrika! Ek weeeet dat Hy baie groot en wonderlike dinge in hierdie land gaan doen. Mense sal verbaas staan. Mense wat nie meer burgers van hierdie land is nie, gaan Hy trug stuur hierheen, om te help opbou en herstel wat verwoes is. Mense van oor die wêreld gaan kom kyk wat Hy hier gedoen het. Onthou hierdie woorde van my..Moedhou! Bly by die Here! Sy oë deurkruis die hele aarde. Hy weet van elkeen se doen en late...seëninge vir almal...groetnis uit die Bosveld..🤗🤗🤗

    • @Aletta-ThisMoment
      @Aletta-ThisMoment Рік тому +1

      Ja dit gaan werklik gebeur, ons weet.

    • @hettiebotha8901
      @hettiebotha8901 Рік тому

      @@Aletta-ThisMoment amen!! Aletta. Dit was my gewys/gesê deur God se Gees!! Hy lieg nie...seëninge🤗

    • @Aletta-ThisMoment
      @Aletta-ThisMoment Рік тому

      @@hettiebotha8901 Dis wonderlik Hettie! Ons het dit gehoor by n man wat n visie gehad het oor wat alles in hierdie tye gaan gebeur in S.A. , en dit gebeur presies soos wat God hom gewys het. Baie erge dinge gaan kom, maar soos jy ook gewys was, die mense gaan van oral stroom S.A. toe om te help opbou en dit gaan n prag land word, die hele wereld gaan in verwondering wees oor hoe goed alles verloop. Ons woon al 20 jaar in Europa, en gaan terugkeer S.A. toe, hopelik binnekort. Seëninge vir jou. 🙏💕

    • @corneliamariacothill8627
      @corneliamariacothill8627 11 місяців тому

      AMEN Hettie, ek het dieselfde gevoel al jare. Die Here gaan Sy Kragtige dade wys hoe Almagtig is Hy & Hy gaan Verheerlik word deur Sy dade!! Ons kinders/kleinkinders sal terug kom SA toe, ek GLO & VERTROU!! 🙌 🙏

    • @hettiebotha8901
      @hettiebotha8901 11 місяців тому

      @@corneliamariacothill8627 Goeiemore Cornelia, ek stem saam. Ekt baie dinge in visioene gesien. Het o.a. in 2019, n paar jong boere gesien staan in n sirkel. Khaki klere aangehad. Hult gelag van oor tot oor...agter hul het mielies gestaan, hemelhoog en grasgroen. GOD IS GETROU AAN SY WOORD!! Ek hoor nou: Jabes se gebed! EN GOD HET LAAT KOM WAT JABES GEVRA HET!! Ons moet net bly bid met geloof en vertroue in n Almagtige God wat nie kan faal of vou nie. Hy sal doen wat Hy belowe het! Mooi loop! Geseënde dag v julle. Jesusliefde uit Tzaneen.🤗🤗🤗🍒

  • @lindajancowitz4618
    @lindajancowitz4618 Рік тому +5

    WELGEDAAN nog n TREFFER!

  • @AnnaAdriannaStrydom
    @AnnaAdriannaStrydom 8 місяців тому +4

    Baie mooi laat ons Land Suid Afrika nooit kantel ons bly glo en hoop

  • @ronelsinclair1329
    @ronelsinclair1329 Рік тому +4

    Murg vir die siel musiek🙏🙌🙏🙌Elohim 🙏🙌Prys Hom met musiek, Simbale 🙏🙌

  • @annetjieenslin5898
    @annetjieenslin5898 8 місяців тому +2

    DANKIE DANKIE VIR JUL AFRIKAANSE LIEDERE. JUL IS SO GESEEN MET DAAI MOOI STEMME.

  • @karenjoubert2202
    @karenjoubert2202 8 місяців тому +3

    Awesome.Dankie....baie diep Woorde vir n Tyd soos NOU‼️SING,SING altyd die waarheid.

  • @marivanzijl5465
    @marivanzijl5465 8 місяців тому +3

    Sjoe!! Sit is baie baie mooi!! Diepte treffer..!

  • @susanstrydom2407
    @susanstrydom2407 8 місяців тому +2

    Wat 'n pragtige land. Absoluut fantasties mooi. ❤

  • @joeyvanstraten6830
    @joeyvanstraten6830 10 місяців тому +7

    WOW
    AWESOMENESS
    2 Groot stemme saam
    Dankie manne
    Dis een lieflike betekenisvolle en pragtige song met 'n geestelike betekenis
    Wees geseend
    Albei van julle
    Love julle duet

  • @MarleneVanDerMerwe-v6s
    @MarleneVanDerMerwe-v6s Рік тому +5

    Baie diep en waar woorde..mag dit in elkeen van ons se harte gaan le. Puik manne!!!!

  • @albertjurgen644
    @albertjurgen644 8 місяців тому +1

    Briljant dankie Steve en Leon vir die geinspireerde lied!❤❤❤

  • @Marlene-Ferreira
    @Marlene-Ferreira 11 місяців тому +8

    HALLELUJAH!!! Thank You Steve & Leon... What a BLESSING...What a Song!! 💫🌟💫🌟💫

  • @rinacoetzee3244
    @rinacoetzee3244 Рік тому +2

    Sjoe Leon & Steve .... wat n pragtige liedjie xx ❤❤❤ xx.

  • @jacobahorn2196
    @jacobahorn2196 Рік тому +4

    Ons soek nog van dieselfde asb!

  • @elizejonker6071
    @elizejonker6071 Рік тому +44

    Absoluut fantasies. Mag ons Hemelse Vader ons genadig wees met hierdi lieflike land wat nou so om gegooi is. ❤

  • @celiafouche2700
    @celiafouche2700 11 місяців тому +4

    Baie mooi. Dit raak mens diep. Welgedaan julle.

  • @riekiecoetzee7257
    @riekiecoetzee7257 9 місяців тому +9

    Baie dankie dit is hoendervleis mooi.🙏❤❤

  • @ernestolivier419
    @ernestolivier419 Рік тому +1

    Afrikaans is hier om te bly mooi so Steve en❤

  • @hennieventer3625
    @hennieventer3625 10 місяців тому +1

    Pragtig. Ons het die mooiste taal, dan sing 2 ikone hierdie pragtige lied - mooi bly date mooi.

  • @tiaandupreez
    @tiaandupreez Рік тому +12

    Ek wounet Kantel van blydskap toe ek hierdie vrystelling sien, maar toe val ek sommer heeltemal om!
    Jaaaaaa! ♥️♥️🔥🎉😎🎶🎶

  • @santiecrowther7688
    @santiecrowther7688 11 місяців тому +1

    Song is brilliant, wel gedaan, nou moet ons net fisies span maak vir die chaos rondom die verkiesing van 2024. Kry die jong manne en vroue bymekaar manne!

  • @santiecrowther7688
    @santiecrowther7688 11 місяців тому +2

    Wel gedaan!! Ons tydjie van normaliteit is weke nie jare nie. Hoop elkeen weet waarheen..

  • @AnnatjieFourie-fc9rt
    @AnnatjieFourie-fc9rt 5 місяців тому +1

    Baie mooi julle tweetjies ❤

  • @annvaneeden2630
    @annvaneeden2630 10 місяців тому +4

    Mooi Steve en Leon. Baie goed gedoen!

  • @lorrainefredericks7289
    @lorrainefredericks7289 8 місяців тому +3

    I love this always admired Seve Hofmeyr

  • @Caroline5602
    @Caroline5602 Рік тому +16

    Absoluut een van die wat nog tops gaan wees. Die woorde tref...💥

  • @DorothyKruger-zz3jg
    @DorothyKruger-zz3jg 10 місяців тому +2

    Wow wow Amazing altwee gleseende sangers

  • @leonaswart7945
    @leonaswart7945 Рік тому +4

    Dit is beautiful liedjie. Steve dit is lekker om jou weer op 'n musiek video te sien. ❤🎉

  • @lindadebeer8647
    @lindadebeer8647 Рік тому +4

    Awesome song!!!!! Ek stem ons het meer sulkes nodig in ons land en die wereld. Baie dankie!

  • @gerhard-jx4rn
    @gerhard-jx4rn Рік тому +1

    Leon &steve. Absolute puik

  • @daleneblom5546
    @daleneblom5546 11 місяців тому +2

    Flippen awesome.. Beste.... Fantasties manne🙏👌

  • @eleenmaree8395
    @eleenmaree8395 Рік тому +3

    Geseënde manne met albei mooi stemme, maar ek is darem maar nog altyd so lief vir Leon Ferreira se lieflike stem. 👌

  • @DorothyTaylor-b9v
    @DorothyTaylor-b9v Рік тому +4

    Asemrowend mooi. Dankie Abba Vader vir hierdie 2 mans se pragtige stemmed.

  • @sanetmare992
    @sanetmare992 Рік тому +3

    Dis ongelooflik mooi Steve & Leon

  • @marlenebroodryk4467
    @marlenebroodryk4467 Рік тому +7

    Iets om oor na te dink dankie Leon en Steve❤❤

  • @retharoux117
    @retharoux117 9 місяців тому +7

    Baie, baie mooi 🤩

  • @sonettevandyk6874
    @sonettevandyk6874 8 місяців тому +1

    ABSOLUUT STUNNING MANNE. LOVE IT.❤❤❤❤❤❤

  • @lindatait7106
    @lindatait7106 Рік тому +3

    Steve jy is absoluut enig in jou klas
    Ek love jou stem...en jou
    Pragtige lied
    Linda

  • @williedejager7787
    @williedejager7787 Рік тому +3

    WOW! Julle twee stemme werk goed. Wat n n mooi lied!

  • @memy7552
    @memy7552 Рік тому +9

    O my 👒 julle 2 dit is seriously 'n song wat diep raak. Dankie ons wag vir die volgende een hoor 🙏

  • @naomivanniekerk5271
    @naomivanniekerk5271 Місяць тому

    Absolutely awesome BLESSINGS

  • @groenbelinda1
    @groenbelinda1 Рік тому +1

    Bly maar die mooiste Afrikaans met ONS Beste. Steve julle is Stunning ❤❤❤❤

  • @jacobahorn2196
    @jacobahorn2196 Рік тому +1

    WOW! WOW! WOW! AWESOME!

  • @susanslippens5427
    @susanslippens5427 11 місяців тому +4

    Fantasties dankie aan julle mooi lied

  • @ansiewalker8638
    @ansiewalker8638 8 місяців тому +1

    Pragtig julle twee❤

  • @SAREL1963
    @SAREL1963 5 місяців тому

    Dankie Liezel Jy is my gunsteling singeres met sterk melodie❤❤❤❤❤❤

  • @anetbarrie3807
    @anetbarrie3807 18 днів тому

    Die woorde sny diep!!!

  • @deliaapsey9982
    @deliaapsey9982 Рік тому +7

    5* Legends!!! in een song hoop, daar volg nog baie!!!! Dankie Steve en Leon ek loop met beide van jul al n lang pad!!! ❤😊

  • @gerhardlesch3615
    @gerhardlesch3615 4 місяці тому

    Wow! Dis twee stemme wat 'n boodskap kan uitdra.
    Daar is 'n spelfout; dit moet "platforms" wees.

  • @smpinard4507
    @smpinard4507 Рік тому +2

    Baie mooi en julle stemme klink fantasties saam.

  • @DeoniVanZyl
    @DeoniVanZyl Рік тому +1

    Wow twee ikoon-stemme Seën🙌🙌

  • @bernadettelee5949
    @bernadettelee5949 8 місяців тому +1

    WOW!!! God bless you guys!!!

  • @hesterdupreez5429
    @hesterdupreez5429 9 місяців тому +2

    ❤dankie dit is pragtig geniet julle sang

  • @magdabriggs9000
    @magdabriggs9000 10 місяців тому +2

    Pragtig soos altyd

  • @anetbarrie3807
    @anetbarrie3807 Рік тому +2

    Besonderse mooi lied.. Baie dankie.

  • @doreenklynsmith8979
    @doreenklynsmith8979 Рік тому +1

    Dis mooi...Leon/Steve..

  • @hannieoosthuizen9371
    @hannieoosthuizen9371 6 місяців тому

    Absoluut fantasies Steve ek luister elke aand voor ek slaap die lied ten minste 4 maal. Dankie Steve my is tops

  • @KatherineLeChris
    @KatherineLeChris 9 місяців тому +2

    Wat n pragtige lied! ❤

  • @WillemienNel
    @WillemienNel 8 місяців тому +2

    Amen! Baie mooi!

  • @henkiepretorius8320
    @henkiepretorius8320 Рік тому +1

    Wat n ongelooooooooflike song

  • @cindybresler1040
    @cindybresler1040 10 місяців тому +1

    Stunning verby !!!!🎉🎉🎉🎉🎉Prima!!!!!❤❤❤❤

  • @margaretbennett3480
    @margaretbennett3480 9 місяців тому

    Twee reuse bymekaar. Dankie.

  • @tienierabie7127
    @tienierabie7127 10 місяців тому +1

    Super mooi song. Dis mos nou mooi

  • @KallieBriedé
    @KallieBriedé 11 місяців тому +2

    Sho wragtag pragtig

  • @gloriakockott6674
    @gloriakockott6674 Рік тому +1

    So 'n pragtig en treffend

  • @cathyodendaal8976
    @cathyodendaal8976 Рік тому +1

    Oe my hart maar dis mooi ❤️ 💙 💜 💖!

  • @nadenebarnard1830
    @nadenebarnard1830 19 днів тому

    Pragtig dankie julle

  • @elzaanrossouw
    @elzaanrossouw Рік тому +2

    Sjoe dis mooi!

  • @pieteri.duplessis
    @pieteri.duplessis 8 місяців тому +1

    Baie mooi, jul ous.

  • @katryntjieduivelaar8227
    @katryntjieduivelaar8227 10 місяців тому +1

    Sjoe hoendervleis mooi

  • @carlnell6921
    @carlnell6921 Рік тому +1

    Wel gedaan manne, ons land het hierdie woorde bitter nodig.

  • @Slappies007
    @Slappies007 8 місяців тому +1

    Hoendervleis mooi, baie dankie.

  • @petermichael4452
    @petermichael4452 8 місяців тому +1

    mooi man!!

  • @tinasmith493
    @tinasmith493 Рік тому +1

    So mooi

  • @corneelventer1137
    @corneelventer1137 11 місяців тому +2

    Baie baie mooi

  • @monicabritz7904
    @monicabritz7904 9 місяців тому +2

    Baie mooi!

  • @Aletta-ThisMoment
    @Aletta-ThisMoment Рік тому +2

    Uitstekend mooi!🎉🙏🎶🎼👌

  • @johnpowell3183
    @johnpowell3183 Рік тому +5

    Dankie Steve en Leon,julle doen dit!

  • @nellelinford5096
    @nellelinford5096 8 місяців тому +1

    Pragtig❤❤❤

  • @sheryl7429
    @sheryl7429 Рік тому +2

    ❤ mooi bly mooi

  • @SAREL1963
    @SAREL1963 5 місяців тому

    Johannes 14 en 15 lê diep I my Hart God sal jou elke dag Seen
    🙏 🙏 🙏 🙏 🙏 🙏

  • @AIRview2
    @AIRview2 Рік тому +3

    Hoe pragtig is die! Dankie!🎉

  • @marlenesauer6228
    @marlenesauer6228 Рік тому +1

    Hoop dis vandag..ons wag met respek ❤

  • @christogrove2414
    @christogrove2414 Рік тому +8

    Ongelooflik mooi!

  • @melindataljaard2753
    @melindataljaard2753 11 місяців тому +2

    Awesome, awesome song!!!❤❤❤❤❤❤❤❤❤

  • @jaspertheron6640
    @jaspertheron6640 Рік тому +1

    Dis baie baie baie mooi woorde.

  • @anetbarrie3807
    @anetbarrie3807 10 місяців тому +2

    Baie mooi.