Geseënde Kersfees & Voorspoed vir 2020!
Вставка
- Опубліковано 3 лют 2025
- Voor ek my oë behoorlik kon uitvee is die jaar op sy rug. Maklik was hy nie. Nie vir my nie en ook nie vir baie ander nie. Daar was soveel uitdagings.
Ek kyk met dankbaarheid terug na die jaar, en kan ek God se hand in hom sien. Met soveel genade het Hy my gelei en geleer. My sterker en wyser gemaak en elke keer as ek wou opgee iets of iemand gestuur om te sê druk deur, Ek is by jou. Jy is steeds op My pad.
Daar is soveel mense wat my gedra het in hierdie jaar. Gert, my kinders, Fienie, al my kliënte, vriende en natuurlik my span wat bly glo in my en “Dis OKAY Met Rene”. Vir julle almal is ek ewig dankbaar.
Ek sien uit na 2020 en wat die Here op ons pad gaan sit, na hoeveel deure wat Hy gaan oopmaak.
Baie Geseënde Kersfees vir elkeen en dankie dat jy my hierdie jaar ondersteun het. Geniet die familietyd en kom uitgerus terug want 2020 gaan GROOT en baie 'OKAY' wees.
Liefde Rene x