Koffie Tyd - SAB se 2 400 hektaar Modelplaas in Caledon

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 18 жов 2024
  • Welkom by ons volgende episode van "Koffie Tyd." Vandag gaan kuier ons saam met Tian Lourens (Overberg Agri se SABI-gesertifiseerde besproeiingsontwerper) by SAB se 2 400 hektaar Modelplaas in Caledon waar hy met Plaasbestuurder en Mentor, Hennie le Roux, en Instandhoudingstoesighouer, Simphiwe Hoko, gesels oor die belangrikheid van instandhouding van besproeiingstoerusting.
    Wat hierdie fasiliteit besonder waardevol maak, is dat dit ook 'n opkomende boereprojek ondersteun. Alle ontwikkelings- en navorsingsuitsette word vrylik beskikbaar gestel deur stap-en-praatjies, studiegroepe, inligtingsdae en 'n webwerf aan alle kommersiële en kleinskaalse produsente.
    Ontspan, kry 'n koffie en beskuitjie, en sluit by ons aan vir vandag se episode.

КОМЕНТАРІ •