Die Lied Van Jong Suid-Afrika
Вставка
- Опубліковано 9 лют 2025
- DIE LIED VAN JONG SUID-AFRIKA
Hierdie weergawe: Chris Chameleon met A Minere
(Provided to UA-cam by CDBaby)
Woorde: EITEMAL (Wilhelm Jacobus du Plooy Erlank, 'n Afrikaanse skrywer, digter, redenaar en vertaler)
Musiek: HUGO GUTSCHE; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef:
die lied van 'n volk se ontwaking,
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde,
rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika!
Die klop van ons ossewa-wiele,
het die eeue se rus verstoor;
die klank van die voorlaaierskote,
het klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
die bome het bewend gefluister:
Dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika,
dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika,
dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika!
Waar songloed in glorie die berge,
oor hul fronsende voorhoof streel,
waar ruisende wind oor die vlaktes
met grassaad kerjakker en speel.
Die land wat ons vaders gekoop het,
met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die LAND van Jong Suid-Afrika,
dit is die LAND van Jong Suid-Afrika,
dit is die LAND van Jong Suid-Afrika!
Die golwende veld is ons woning,
en ons dak is die hemelblou;
die Vryheid alleen is ons koning,
sy wagwoord is: "Handhaaf en bou".
Die stryd wat ons vaders begin het
sal woed tot ons sterf of oorwin het.
Dit is die EED van Jong Suid-Afrika,
dit is die EED van Jong Suid-Afrika,
dit is die EED van Jong Suid-Afrika!
❤❤❤❤❤❤❤🤠
Prachtig, suid Afrika . Onze steun heb je vanuit Holland. Hou stand.
Mooi als limburgse Nederlander dat ik mee voel met jullie prachtige volk.
Vindtje
Dit is die Eed van Jong Suid Afrika!!!! Wonderlik!! God s liefde vir die boere.
dankie nou kan ek hoor wat daar nie meer gesing word nie
Pragtige lied, ongelukkig sal dit saam so baie van ons Geskiedenis ook vergete raak.Die lied was in die verlede saam met die Volkslied gesing.
Dit sal slêgs gebeur, as ons dit toelaat. Dit is one plug on die being van vandag die waarheid geleer, van ons geskiedenis.
So pragtig dit is ons Land beautiful songs
Pragtig
Wil net huil....😭😭
Absolutely beautiful
Die skrywer van hierdie lied was Eitemal - skuilnaam van prof "Duke" Erlank van Srellenbosch. Hy was my ma se Afrikaans onderwyser op skool en ons was goed bevriend met hom en sy vrou. Hy het op Stellenbosch reg langs my oom gewoon.
Thank you
Bring baie herrinneringe terug...so mooi❤
Ek het hierdie kanaal gevind 'n paar dae terug, en ek is lief vir die tunes!
Afrikaans is groot!...
Sal altyd my bekoor en hart vinnig laat klop....
Broeders 🤝🧡🤍💙
May they forever arise again as a Sovereign nation once again.😊😅😂
Bring heimwee van ń verlede tyd van voorspoed en vooruitgang wat op een dag teen die grond geslinnger was maar eendag weer sal opstaan .
So jammer die lied word nie meer in skole gesing nie,sal heel moontlik as rassisties beskou word.So jammer…maar wel ‘n trotse Afrikanerlied.
My kinders sing dit in hulle skool, hulle is in n CVO skool... Hulle sing ook nog die Stem.
En of het volkslied ,,ons jong zuid Afrika ,,,nog steeds gezongen wordt,, laatst nog by die rugby spelen. En tenslotte eerste volkslied van Zuid Afrika grtj uit Nederland
👍👍👍