Spookstories Piet Gall, Klipfontein - Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 10 вер 2024
  • Vanaf 2008 het die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) ʼn mondelinge oorleweringsprojek in die Noord-Kaap onderneem en is talle verhale opgeteken, waaronder immergewilde spookstories. Hierdie verhale is op die ATM se UA-cam-kanaal te hore, maar wat is ʼn spook nou eintlik?
    Volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal is dit “ʼn gees van ʼn afgestorwene wat aan lewendes verskyn; vreesaanjaende verskyning wat hom meestal snags openbaar; skim…Iets wat vrees verwek; waandenkbeeld; hersenskim…Skrikbarende iets; skrikbeeld…Lelike mens(!)”. Volgens die Verklarende Afrikaanse Woordeboek is ʼn spook “ʼn bonatuurlike, gewoonlik nagtelike en angswekkende verskyning, gees van afgestorwene wat aan lewendes sou verskyn, dwaalgees; hersenskim, denkbeeldige bedreiging of gevaar; iets wat vrees verwek, geheimsinnige gedaante”. Sien www.taalmuseum.... vir ’n volledige artikel.
    Facebook - / afrikaansetaalmonument
    Twitter - / taalmonument
    Instagram - / taalmonument

КОМЕНТАРІ •