Piesangbrood muffins - Bak en brou vir kleuters/maklike resep/Lami Leer en Speel Videos/Maak self
Вставка
- Опубліковано 27 лис 2024
- Baie lekker en maklike resep - Wys jou kleuter en bak self smul lekker Piesangbrood muffins. Dit help my kleuter om soms net eers te sien wat ons gaan doen. Dan is sy baie meer opgewonde en speel lekker saam. Ek hoop hierdie video help julle om lekker saam tyd te spandeer in die kombuis.
Het jy geweet jy kan nou vir Lami 'n koffie koop? Dis veilig en maklik. Druk net hier:
ko-fi.com/koff...
Ons is baie opgewonde. Hoe meer kafeïen hoe meer videos! Baie dankie vir jul ondersteuning.
Resep
Resep maak 18 klein muffins
140g Bak margarine
125ml Suiker (halwe koppie)
2 eiers
4 Piesangs
2t Bakpoeier
360g Meel (twee 3/4 koppies)
Kaneel na smaak
Meng gesmelte margarine en suiker.
Nutribullet res van nat bestanddele (piesangs en eier).
Sif droë bestanddele en meng dan nat bestanddele in.
Bak vir 180' vir 10min in Airfryer.
Geniet!
*Airfryer oonde werk gewoonlik bietjie vinniger as 'n gewone oond. Pas tyd aan vir jou unieke oond.
*Dis nie nodig om die nat bestanddele te Nutribullet nie. Ek hou net daarvan want dan is daar minder skottelgoed. En die fyn maak van vrugte verhoog die kans dat my kieskeurige kleuter dit sal eet.
---
Meer oor Lami Leer en Speel Videos:
Welkom ouers, kinders, kleuters en peuters! Hier gaan ons saam leer en speel in Afrikaans. Ons gaan stories vertel, speel met speelgoed, liedjies sing, rympies opsê en sommer baie nuwe dinge leer.
Ons maak staat op julle om asb te Subscribe. Ons mik vir 'n 1000 Subscribers sodat ons aan die gang kan bly en sommer nog baie videos vir julle kan maak. Die Afrikaanse UA-cam mark is maar klein so ons vra ekstra mooi dat elkeen sal subscribe en deel ook asb met julle vriende met kinders.
Op "Lami Leer en Speel Videos" ontmoet ons kinders op hul vlak. Die lesse is saamgestel om kreatiwiteit en nuuskierigheid aan te moedig.
Op hierdie jong ouderdom is jou kind op 'n avontuur om die wêreld te verken. Hul leer deur spontaan te wees en hul is bereid om foute te maak. Dit is ons rol as ouers om hul aan te moedig en inisiatief te verwelkom. Op hierdie manier kweek ons op die ou end volwassenes met 'n liefde vir die lewe.
Die hart van hierdie kanaal is eintlik om ouers te help. Want ouerskap is nie kinderspeletjies nie. Ek hoop hierdie videos gee jou idees van aktiwiteite om saam met jou kinders te doen. En natuurlik is hierdie stories iets Afrikaans vir hulle om te kyk terwyl jy kosmaak.