COIS

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 1 жов 2024
  • BEMARK JOU BESIGHEID OP ‘N UNIEKE BOERE MANIER!
    Kom maak jou merk by die Vivo Boere Bemarkingsdag wat jaarliks aangebied word ten bate van CVO Skool Vivo!
    DIE GROOTSTE LANDBOU-ESKPO IN LIMPOPO!
    Die Boerebemarkingsdag is die hartklop van die klein boeredorp Vivo en die hoofbron van inkomste vir die plaaslike skool - CVO Skool Vivo.
    Hierdie geleentheid is ‘n fantastiese bemarkingsgeleentheid vir besighede om met boere van regoor die hele Limpopo besigheid te doen. Die Boerebemarkingsdag bied ook ‘n unieke platform waar produsente hul kennis kan uitbrei t.o.v die nuutste tegnologie, produktiwiteitsoplossings en enige Landbou verwante kwessies.
    Verder bied die Bemarkingsdag geleentheid vir besighede om te netwerk met plaaslike en provinsiale boere op ‘n informele, boeremanier!
    In 2024 het die geleentheid meer as 5000 besoekers per dag gesien en 150+ besighede wat uitgestal het. Met vermaak vir die hele gesin, is dit ‘n uitstekende geleentheid om sommer ‘n familienaweek van hierdie geleentheid te maak.
    Vir 2025 beplan ons weer ‘n Vroue Fees - om die boervrou te vier! Beplanning vir die Vroue Fees is nog in die pyplyn, maar ons beplan sprekers, gaskunstenaars, werkswinkels ens. wat ons vroue sal geniet en besig hou.
    En natuurlik word daar vir boere ‘n uitstekende Landboudemonstrasie - waar hul die nuutste landbou tegnologie, trekkers & toerusting kan kom uittoets.
    HOU ONS SOSIALE MEDIA DOP VIR 2025 SE DATUM!
    Die VIVO BOEREBEMARKINGSDAG 2025 nooi graag almal - oud en jonk uit, om hierdie trotse boere familie naweek, saam te kom geniet!!!
    #boerebemarkingsdag #vivoboerebemarkingsdag #landbou #vrouefees #kunsvlyt #boereprodukte

КОМЕНТАРІ •