Scriptura
Scriptura
  • 293
  • 62 670
Nuwe dissipels reeks: Wie is God?
Hoe openbaar God homself aan ons? Het God beheer oor alles in die skepping? Wie is die drie persone in die Godheid en hoe kan ons dit verstaan? Kan God ooit onder verdenking wees, en waaruit vloei Sy geregtigheid? Hoekom vind ons troos in God se oordeel en in Sy genade?
02:29 Hoe openbaar God Homself?
10:27 Is God soewerein?
19:00 Is God drie-enig?
26:20 Is God regverdig en genadig?
Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Jonker Venter, Jaco de Beer
www.scriptura.co.za/2025/01/automatiese-konsep/
Maak gerus 'n donasie via SnapScan: pos.snapscan.io/qr/-NgqDbFq
Teken in op ons UA-cam kanaal - ua-cam.com/users/scriptura
Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast - podcasts.apple.com/za/podcast...
Besoek ons webblad - www.scriptura.co.za
Like ons blad op Facebook - scripturaweb
Epos ons, of stuur jou vrae na - info@scriptura.co.za
Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
Переглядів: 154

Відео

Nuwe dissipels reeks: Wat is 'n Christen
Переглядів 331День тому
Aanbieders: Marnix Boersema, Jonker Venter, Gerhard van Rhyn, Jaco de Beer Daar kom toenemend mense tot bekering wat nie in tradisionele gereformeerde verbondshuise opgegroei het nie, en die getalle van gereformeerde verbondskinders neem toenemend af. Lidmate van kerke het vandag ook nie meer dieselfde vlak van bybelkennis as vroeër nie. Die fokus van hierdie reeks is dus die kernsake van die c...
Perspektief: November 2024
Переглядів 384Місяць тому
Aanbieders: Gerhard van Rhyn en Jaco de Beer In Perspektief - November 2024, gesels Scriptura oor drie onderwerpe: Heinz Winckler en sy vrou se vrystelling van hul huwelikshandleidings by die Breytenbach Sentrum, die dalende lidmaatsyfer van die Gereformeerde kerk, en die Antioch Verklaring, of christen nasionalisme, voorvloeiend uit die Woke beweging. 01:40 Bohaai oor die Wincklers se christel...
Die weg van almal op aarde: Ewige heerlikheid
Переглядів 2232 місяці тому
Aanbieders: Jaco de Beer, Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn Hoe moet ons dink oor die ewige heerlikheid? Wie is die begin en die lewe? Wie is die voleinder van ons geloof? Jesus self is ons grootste skat en beloning, en ons kan met vrymoedigheid na die belonings en Sy ewige teenwoordigheid uitsien. 01:30 Ewige heerlikheid 04:00 Skatte en belonings 18:20 Die herkenning van geliefdes 26:30 Ewige ...
Die weg van almal op aarde: Die nuwe hemel en aarde
Переглядів 5012 місяці тому
Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer Is die hemel ons eindbestemming? Watter troos skep ons uit die feit dat die ewige lewe werklik vir gelowiges bestaan? Gaan daar herskepping of vernietiging plaasvind? Wat gaan op die nuwe aarde wees en wat nie? Gaan Jesus in Sy fisiese liggaam by ons wees? Is die ewige lewe net 'n soort toestand of 'n werklikheid? Hoe rig die nuwe heme...
Perspektief: Oktober 2024
Переглядів 2102 місяці тому
Aanbieders: Nikolaas Pienaar en Jaco de Beer Daar is drie sake op die agenda vir Perspektief - Oktober 2024, naamlik die "Nuwe Hervorming" erken die laaste twintig jaar was 'n mislukking, liberale kerke in Amerika verlaat die Christian Reformed Church, en laastens Solidariteit betoog oor die Bela wetgewing. 01:20 Drie sake opgesom 02:25 "Nuwe Hervorming" is twintig jaar en 'n mislukking 15:25 L...
Die weg van almal op aarde: Die laaste oordeel
Переглядів 3303 місяці тому
Aanbieders: Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn en Nikolaas Pienaar Kom Jesus werklik weer terug om te oordeel? Moet elkeen nog verskyn voor die regverdige Regter? Wanneer gaan Jesus weer kom, en kan ons die tekens van die wederkoms in die onrus rondom ons sien? Is daar nog sonde wat aan ons geopenbaar gaan word, en wat is die boeke van ons gewetens? Wat kan gelowiges verwag met die wederkoms van...
Die weg van almal op aarde: Die opstanding van die dooies
Переглядів 3913 місяці тому
Aanbieders: Jaco de Beer, Marnix Boersema, Jan-Louis Lee "Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is." 1 Johannes 3:2. Wat gaan tydens die opstanding gebeur, en sal dit met gelowiges en ongelowiges gebeur? Hoekom moet ons liggame ook opgewek word? 01:30 ...
Die weg van almal op aarde: Die stand van die siel na die dood
Переглядів 4353 місяці тому
Aanbieders: Nikolaas Pienaar, Gerhard van Rhyn Wat is die stand van die siel na die dood? Wat gebeur met my siel as ek sterf en gaan my liggaam weer uit die graf uit opstaan? Kry ons ‘n tweede kans om te bekeer tot God ten einde die ewige lewe te beërf? 02:00 Die stand van die siel na die dood 02:30 Wat gebeur met my siel as ek sterf? 06:00 Wat is jou siel of jou gees? 10:40 Herskepping - verhe...
Perspektief: September 2024
Переглядів 3253 місяці тому
Aanbieders: Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn en Jaco de Beer Scriptura praat oor beroemdes se skokkende uitlatings oor God, die beroemde musiekster Sean 'Diddy' Combs (P Diddy) se arrestasie, en die Republikeine se slinkse benadering tot aborsie. Die eer van ons God is op die spel: kan ons hieroor stil bly? 00:49 Perspektief: September 2024 01:40 Kulturele christenskap se openbare flaters 08:35 ...
Luisteraarsvraag: Die bewyse vir God se bestaan
Переглядів 2854 місяці тому
Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Nikolaas Pienaar, Jaco de Beer Wie oortuig die menslike hart van die werklike bestaan van God? Waar kom ons geloof in ons God eitlik vandaan? Wat sê die Skrif oor ons besef van 'n Goddelike wese noglank voordat ons Hom as Redder van ons harte in geloof en vertroue aanneem? Kan God werklik geken word, en hoe openbaar Hy homself aan ons? Hoe antwoord...
Die weg van almal op aarde: Voorbereidings vir jou dood
Переглядів 3924 місяці тому
Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee Paulus sê in Romeine 14:8 "Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here." Hoe sterf ons tot eer van die Here? Hoe moet die lewe van die gelowige ingerig wees om gereed te wees vir die dood? Kyk na Paulus se na...
Die weg van almal op aarde: Wanopvattings oor die dood
Переглядів 6504 місяці тому
Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer, Nikolaas Pienaar Waar die woord van God nie gepredik word nie, neem mense verskillende wanopvattings as waarheid aan, en leef steeds in vrees vir die dood. "Ware troos verg waarheid", sê Nikolaas Pienaar. Verskuif ons ons vertroue na geliefdes wat afgesterf het, omdat ons wanopvattings het oor waar hulle siele heengaan na hulle afster...
Perspektief: Augustus 2024 - Gereformeerde kerke loop leeg
Переглядів 1,2 тис.4 місяці тому
Gereformeerde kerke in Suid-Afrika - op die platteland en in stede - loop leeg volgens artikels en die media. Scriptura bespreek moontlike redes hiervoor aan die hand van die Skrif. Die Bybelse antwoord wat in ons is, stel nie vir ons nuwe gebruike, of formuliere, of leerstellings voor nie, maar is die hoop vir alle mense op enige plek in die wêreld: Christus. 00:40 Artikels en redes vir die af...
Die weg van almal op aarde: 'n Reeks oor die dood
Переглядів 5605 місяців тому
Aanbieders: Nikolaas Pienaar en Gerhard van Rhyn Elkeen van ons het een of ander tyd 'n ervaring met geliefdes wat sterf, en almal van ons gaan ook eendag sterf. Die dood het gekom as gevolg van die mens se sonde, maar is dit die einde van die gelowige se lewe? Sal ons 'n vervloekte dood sterf, of 'n geseënde een? En hoe leef ons as sterwendes op aarde? 00:00 Die weg van almal op aarde: 'n Reek...
Berading: Die rol van die ouderling en predikant
Переглядів 2945 місяців тому
Berading: Die rol van die ouderling en predikant
Perspektief: Julie 2024
Переглядів 2075 місяців тому
Perspektief: Julie 2024
Luisteraarsvraag: Lotery versus mediese fonds
Переглядів 1816 місяців тому
Luisteraarsvraag: Lotery versus mediese fonds
Perspektief: Mei 2024
Переглядів 906 місяців тому
Perspektief: Mei 2024
Berading: Medegelowiges wat beraad
Переглядів 2126 місяців тому
Berading: Medegelowiges wat beraad
Berading: Die rol van die plaaslike gemeente en Bybelse prediking
Переглядів 2196 місяців тому
Berading: Die rol van die plaaslike gemeente en Bybelse prediking
Berading: Die kerk en sielkundiges
Переглядів 5206 місяців тому
Berading: Die kerk en sielkundiges
Perspektief: Junie 2024
Переглядів 2436 місяців тому
Perspektief: Junie 2024
Huweliksvoorbereiding: Beloftes vir ons huwelik
Переглядів 2007 місяців тому
Huweliksvoorbereiding: Beloftes vir ons huwelik
Huweliksvoorbereiding: Soos een Vlees
Переглядів 1497 місяців тому
Huweliksvoorbereiding: Soos een Vlees
Huweliksvoorbereiding: Die rol van die man en die vrou
Переглядів 3407 місяців тому
Huweliksvoorbereiding: Die rol van die man en die vrou
Huweliksvoorbereiding: Hoe begin ons verhouding reg?
Переглядів 3368 місяців тому
Huweliksvoorbereiding: Hoe begin ons verhouding reg?
Luisteraarsvraag: 1 Timoteus 2 vir vandag
Переглядів 2358 місяців тому
Luisteraarsvraag: 1 Timoteus 2 vir vandag
Hemelvaart
Переглядів 1538 місяців тому
Hemelvaart
Pastoraal: Sondebelydenis en Vergifnis
Переглядів 2438 місяців тому
Pastoraal: Sondebelydenis en Vergifnis

КОМЕНТАРІ

  • @johannieman4697
    @johannieman4697 3 місяці тому

    God is soewerein, sy woorde is altyd waar en Hy werk volgens die raad van sy wil en niemand kan Hom bevraagteken nie. Die mens het geen rol in Christus se versoeningswerk nie maar leer die Bybel werklik ‘n versoening wat net tot sekere mense beperk is? Die Bybel leer dat Jesus vir alle mense gesterf het en vir almal se sondes versoening gedoen het. En dat God die wêreld met Homself in Christus versoen het. 2 Kor 5:15 omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is. 1 Tim 2:6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd, Heb 2:9 maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak. Joh 6:51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee. Rom 5:6 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. 2 Kor 5:18 En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, 2 Kor 5:19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. 1 Joh 2:2 En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld. Rom 11:15 Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode? Wie is alle mense? Wie is almal? Wie is elkeen? Wie is die goddeloses? Wie is die wêreld? Is dit net die uitverkorenes? Sluit dit dan sekere mense uit? Net soos God ‘ons’, die gereddes, met Homself deur Christus versoen het, sê Paules hier, so het Hy ook die hele wêreld in Christus met Homself versoen. Net soos Jesus vir ‘ons’, die gereddes, se sondes ‘n versoening is, sê Johannes hier, so is Hy ook ‘n versoening vir die hele wêreld se sondes. Jesus se versoeningswerk is onbeperk, genoegsaam en effektief vir alle mense. Die Bybel leer dat dit God se wil is dat alle mense tot bekering kom, gered word en sommige nie verlore moet gaan nie? En daarom is Jesus vir almal gestuur. Hoekom sou Christus se versoening dan net vir sekere mense geldig of effektief wees? Dit beteken nie dat alle mense gered gaan word nie! 1 Tim 2:3 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 1 Tim 2:4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Joh 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Joh 12:47 En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. 1 Joh 4:14 En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het. Mar 2:17 En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. Luk 19:10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was. Joh 10:9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Joh 4:42 en aan die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld, is. Tit 2:11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 1 Tim 1:15 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is. 2 Pet 3:9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Hand 17:30 God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, Mar 1:15 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie. Jes 45:22 Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie. Jes 55:7 Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik. Opb 22:17 En die Gees en die bruid sê: “Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet”: Wie is alle mense? Wie is iemand? Wie is die wêreld? Wie is sondaars? Wie is verlore? Is dit net die uitverkorenes? Dit sluit mos duidelik alle mense in. God se wil volgens die Bybel is dat alle mense gered word maar dit beteken nie dat alle mense gered gaan word nie! Die Bybel leer wel dat alle mense nie gered SAL word nie maar ook dat almal gered KAN word. Vir hulle wat nie gered word nie gee die Bybel die redes en nie een daarvan is omdat Christus nie vir hulle versoening gedoen het nie.. 1 Kor 1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God; 2 Kor 2:15 Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan; 2 Kor 4:3 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, 2 Kor 4:4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie. Mar 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. Luk 8:12 Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie. Joh 3:18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. Joh 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe 1 Kor 1:21 Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red; 2 Thes 2:12 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid. Heb 4:2 Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie. Joh 5:40 En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie. Mat 22:3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie. Artikel 6 van die tweede onderwerp van die Dortse leerreẽls leer dat mense hulself nie bekeer nie en nie glo nie en dat dit die mens se eie skuld is dat hulle ongered sterf en nie omdat Jesus nie vir hulle versoening gedoen het nie. Dit lees: ‘Baie wat deur die evangelie geroep is, bekeer hulle nie, glo nie in Christus nie, maar sterf in ongeloof. Dit gebeur, nie omdat die offer wat Christus aan die kruis volbring het, gebrekkig of onvoldoende is nie, maar deur hul eie skuld’. Is dit dan die mens se eie skuld dat hy/sy nie uitverkies is nie? Of dat Christus nie vir hulle versoening gedoen het nie?

  • @ockiebotha3477
    @ockiebotha3477 5 місяців тому

    Ek is al só lank op soek na 'n Gereformeerde verduideliking of uitleggings met hierdie onderwerp waarmee ek geworstel het. Ek dank God vir die leiding en gehoor van my gebede wat my deur die Heilige Gees my by hierdie video laat uit kom het en by Scriptura kanaal. Ek het nou vrede.

  • @TertiusLouw-rg5pq
    @TertiusLouw-rg5pq 7 місяців тому

    Waarom praat jy nie oor die priester en Leviet se optrede nie. Hoekom loop hulle anderkant verby. As dit hulle naaste was moes hulle mos ook soos die Samaritaan opgetree het. In my opinie skiet jou verduideliking tekort en het nog nie die antwoord op jou vraag gegee nie.

  • @Lana1054-o5u
    @Lana1054-o5u 10 місяців тому

    Baie dankie oor hierdie insiggewende potgooi.

  • @parisfrancemission
    @parisfrancemission Рік тому

    1. Met voortrekker monumentum ploeg die boer voort, gegrond en gewapen in sy geloftes krag, teen 'n bosemag wat nie in liefde wil saam leef met sy naaste nie. Die geestilke stryd word oorwin deur geloof in God en met die Voortrekkermonument as n getuie van God se mag vir al die mense in die land. Die Voortrekker Monument is n uitbeelding van God se grootheid en getrouheid aan diegene wat hom aanroep en aanbid in Gees en Waarheid.. Geloftedag is n dag van dankbaarheid om te onthou hoe God ons voorvaders uit die hand van hulle vyande verlos het. Daai vyand is nou ons vriend en naaste maar die duiwels loop rond opsoek na kwaad doen, roof, moor, en steel. Waak en bid dat jy daai dag van woede kan ontvlug want dit kom soos n dief in die nag, die dag van God se wraak op die ongehoorsame kinders en die goddelose. Dank God vandag dat Hy gebede hoor en antwoord met wonderwerke gelykstaande aan die bybelse tye. Daar is geen ander God wat red soos hy nie. Die Voortrekker Monument is n getuie vir jou of teen jou. En God se woord sê, as jy nie God wil prys end dank vir wat Hy gedoen het nie, sal die daai stene uitroep in jou plek en God prys en dank want Hy is goed.

  • @JohannesKruger-g5b
    @JohannesKruger-g5b Рік тому

    Dit is so ek is bly ek het geluister❤

  • @Satharn
    @Satharn Рік тому

    Kan iemand asseblief vir my die betekenis van nie koop en nie verkoop in die skrif gebruik word? Beteken dit dat hul ons as gelowiges gaan uitsluit, maar hoe sien hul dit

  • @liebieengelbrecht5988
    @liebieengelbrecht5988 Рік тому

    Dankie vir julle mooi en vertroostende gesprekke. Dis werklik voedsel vir die siel. Die wete dat God ons Skepper en Vader is, bring regtig vrede in 'n mens se hart.

  • @WianJooste
    @WianJooste Рік тому

    Wat van kerke wat die wet verwerp, kerke wat nie meer erken dat die wet nodig is of dat dit gelees word in eredienste nie? Met wie asosieer hulle dan?

  • @nobodygh
    @nobodygh 2 роки тому

    Ek het hierdie episode nounet in my podcast app geluister. Dit was super insiggewend

  • @javierrobles6412
    @javierrobles6412 2 роки тому

    ua-cam.com/channels/IDG04523LfPDHRKKOvK2OA.html

  • @JorethaPhotos
    @JorethaPhotos 2 роки тому

    Het dit nie ook te make met die profesie dat die Mesias in Bethlehem gebore moes word? Dat om God se beloftes vir die Verlosser te volbring moes die nasie waaruit Hy gebore sou word, weer na die beloofde land moes teurgkeer?🤷🤔

    • @Scriptura
      @Scriptura 2 роки тому

      Hallo Joretha - inderdaad, die Here het 'n oorblyfsel van sy volk bewaar. Hy was nog altyd getrou en het gesorg dat die beloofde Messias sou kom soos Hy belowe het. Hy bly altyd getrou!

    • @Scriptura
      @Scriptura 2 роки тому

      Joretha, miskien kan hierdie episode ook insiggewend wees op die punt? Dalk is dit nie vir jou relevant tot jou vraag nie, maar ons deel dit graag! www.scriptura.co.za/2018/06/3minute1woord-die-oorblyfsel/

    • @JorethaPhotos
      @JorethaPhotos 2 роки тому

      Dankie, waardeer 🤗

    • @Scriptura
      @Scriptura 2 роки тому

      @@JorethaPhotos Luisteraarsvraag van 12/11/2019: Vervang die kerk vir Israel? As jy dit goed dink kan ek dit vir haar aanstuur....? www.scriptura.co.za/2019/11/luisteraarsvraag-vervang-die-kerk-vir-israel/, en ook: Luisteraarsvraag: Isrealvisie in 09/07/2019: www.scriptura.co.za/2019/07/luisteraarsvraag-israelvisie/

  • @chenewallis3051
    @chenewallis3051 2 роки тому

    Dankie jesus amen

  • @riaanesterhuizen9003
    @riaanesterhuizen9003 2 роки тому

    Hoe kry ek my vraag by julle uit? Riaan Esterhuizen

    • @Scriptura
      @Scriptura 2 роки тому

      Hi Riaan, e-pos gerus: info@scriptura.co.za

  • @ernstmarais1709
    @ernstmarais1709 3 роки тому

    Stem saam met Jaco ,uit die bybel nie uit jou kop nie .

  • @wynandl.oberholzer1702
    @wynandl.oberholzer1702 3 роки тому

    Daar is definitief meer ongekwalifiseerde ouderinge en diakens as wat daar geroep is. Amper almal ken nie hulle bybels nie....

  • @wynandl.oberholzer1702
    @wynandl.oberholzer1702 3 роки тому

    Julle herdefinieer die woord "geloof". HAT sal julle en veral Jaco De Beer gou reg help. "Dis n vaste vertroue op God en sy Woord."

  • @chrismcintyre6331
    @chrismcintyre6331 3 роки тому

    666 is written 'xi, chee, sigma', you can see that in Cepher bible (free on e-sword, 66 book version) xi is shape of catholic 'xp'(catholic sign of their christ) sign, 'chee' shape is shown in cardusus Cardusus by Hermes (symbol of commerce, 2 snakes) Then sigma is very interesting, looks like 1 snake, Asclepius, Greek god of healing from Pergamum (Satan seat Rev 2). Asclepius father is Apolos, Abbadon in Rev 9, mother is Corronus (a human earthling) who Apolos kills with arrow of 'plague'. You can't script this better

  • @lizlane3743
    @lizlane3743 3 роки тому

    Ek is geneig on saam te stem dat die merk 'n geestelike toestand is meer as 'n fisiese sigbare merk. Maar dit bekommer my dat julle jul gedagtes beperk tot die uitsluitlike moontlikheid dat die merk moet GESIEN kan word met die oog. Die probleem wat julle hier skep is dat die meerderheid Christene is druk opsoek na 'n uitweg in die skrif soek om die spuit te revverdig. Stel julle nou voor dat dit nie 'n probleem is nie en daar is iewers op die "Agenda" 'n lees meganisme aan winkeldeure geheg is waar hulle jou op 'n manier kan lees. Dit is 'n groot moontlikheid dat julle nou mense sou aanmoedig om Die ding te vat.......omdat julle nog nie weet wat voorlê nie. Alle seën Liz Lane

  • @lizlane3743
    @lizlane3743 3 роки тому

    Die skrif se nie dat die 144 000 ter uitsluiting van alle ander mense die koningryk be-erf nie.

  • @riaanesterhuizen9003
    @riaanesterhuizen9003 3 роки тому

    Dankie ouens, dit plaas weer die klem op die regte perspektief.

  • @marthiedewet9973
    @marthiedewet9973 3 роки тому

    Dit is opmerklik dat die institusionele kerke se oogpunt so ontsettend ontkennend en liggies is - mense word asb wakker en begin om ander Christene eerder eerlik te waarsku oor die verskriklike bedrog wat aan die gebeur is asook die gepaardgaande oordeel.

  • @dieboodskapper
    @dieboodskapper 3 роки тому

    HOSEA 8:4 They set up kings without my consent; they choose princes without my approval. With their silver and gold they make idols for themselves to their own destruction.

  • @JorethaPhotos
    @JorethaPhotos 3 роки тому

    Metaverse laat my dink aan David Gregory se boek "The last Christian"

  • @cbpretorius7340
    @cbpretorius7340 3 роки тому

    Ons is baie dankbaar vir die tegnologie wat hierdie Bybelse waarhede, die voete gee aan dit wat lieflik is, wat die goeie verkondig Natuurlik bo dit is die gawes wat die Here aan en in sy kerk uitgedeel het. Julle wat onbeskaamd die waarheid verkondig, wees verseker van ons voorbidding en hou goeie moed. Mag die uitsendings met vrug gebruik word, oraloor. Broeder groete in Christus

  • @JorethaPhotos
    @JorethaPhotos 3 роки тому

    Dankie vir hierdie episode. ʼn Beroep op kinders van die Here om Sy Woord met die nodige respek en agting te hanteer, maar ook so bemoedigend vir elke Christen wat nood het.

  • @petruslourens4435
    @petruslourens4435 3 роки тому

    Goeie werk ouens. Ek dink dit begin met n lae siening van God(A low view of God). Mense weet nie wie God is nie want hulle ken nie Sy eienskappe(attributes) nie.

  • @dieboodskapper
    @dieboodskapper 3 роки тому

    NOU WAT DAN VAN VERS 9..........................................................................

  • @dieboodskapper
    @dieboodskapper 3 роки тому

    NOU JA.....HOE VOEL JULLE TEN OPSIGTE VAN DIE....mRNA MERK

  • @johannasteyn8082
    @johannasteyn8082 3 роки тому

    Baaaie dankie dit help ons lidmate om te besef wat ons roeping is. Ons is hier in ouetehuis besig met openbaring en sien alles wat julle oor praat. Sterkte

  • @JorethaPhotos
    @JorethaPhotos 3 роки тому

    Dankie, waardeer julle bereidwilligheid om ʼn baie moeilike onderwerp aan te durf en vertroosting te gee.

  • @JorethaPhotos
    @JorethaPhotos 3 роки тому

    Dit het vir my ook soos kommunisme gevoel toe ek as kind gedwing was om skool toe te gaan, maar vandag besef ek die waarde van die akademie. Ons ou regering het presies dieselfde gedoen met kopluise (as jy met die goed gevang was het jou ma met jou gesit totdat jou kop luisvry verklaar was) en vandat ek die onoorwonne stryd teen die goggatjies met my eie kinders moes aanpak het ek eers die waarde van hierdie tipe riglyne verstaan. My kinders was al 10 jaar terug slegs as leerlinge by die laerskool waar ons hulle ingeskryf het oorweeg indien hulle inentings op datum was. Hierdie goed is nie nuut nie, ons lewe in ʼn groot wêreld wat baie klein geword het. Logies gesproke (as ons nou die teologie en emosies opsy skuif) kan ek nie sien hoe jy anders gaan maak om verpleegsters weer ʼn blaaskans van die ICU te gee nie. Soos van die familie van hierdie arme engele sê, lank na Covid gaan hierdie mense nog met PTSD sit wanneer ons weer met ons lewens aangaan.

  • @janvandyk1012
    @janvandyk1012 3 роки тому

    Waardeer julle tyd en moeite om bybelse perspektief op die daaglikse gebeure te plaas. Hou aan met julle goeie werke.

  • @riaanesterhuizen9003
    @riaanesterhuizen9003 3 роки тому

    Dankie vir hierdie gesprek. Dit laat my net weer besef wat die verantwoordelikheid is om op 'n kerkraad te dien.

  • @JorethaPhotos
    @JorethaPhotos 3 роки тому

    Wat my byval, is Petrus wat homself nie so vir Paulus se teregwysing vervies dat hy sommer afstig en ʼn nuwe kerk met sy eie lering begin wat sy optrede te probeer regverdig nie. Die wil en eer van God was vir hom belangriker as sy eie.

  • @riaanesterhuizen9003
    @riaanesterhuizen9003 3 роки тому

    Baie dankie ouens, hierdie gesprekke is altyd baie insiggewend. Lekker om Gereformeerde lering op you tube te hoor.

  • @riaanesterhuizen9003
    @riaanesterhuizen9003 3 роки тому

    Ek en my gesin het 'n vol sirkel gestap van Gereformeerd, Methodist, Charismaties tot terug by die Gereformeerde Kerk. Ek dank die Here dat Hy sy hand oor ons gehou het en ons deur alles gelei het. God is getrou.

  • @leanievandyk9343
    @leanievandyk9343 3 роки тому

    Dankbaar vir julle elkeen en vir Christus Jesus se onverdiende genade.

  • @JorethaPhotos
    @JorethaPhotos 3 роки тому

    Ek wens so ek kon saam gesels. Met die wete dat CF deur verskeie faktore veroorsaak kan word wil ek graag deel wat ek sover in my lewe ontdek het. Dalk help dit een van die luisteraars en ek wil vra as daar enige ander persoon is wat ook hulle reis met oorwinnings op hierdie pad kan deel sal dit opreg waardeer word. Wat ek sover kon agterkom en wat moontlik bydra tot CF in my lewe is intoloransie vir sekere kosse, dan het ek met ʼn lang pad deur die Here se genade ontdek (deur die regte Dr's) dat ek ʼn kondisie naamlik Hypochlorhydria het. Vandat ek die twee aspekte begin aanspreek het is daar ʼn opmerklike verbetering. Wanneer my onbeskryflike moegheid terugkeer is dit in meeste gevalle as gevolg van blootstelling aan gemikalië. Selfs iets soos versagter vir wasgoed waarmee ek gewerk het om vensters mee skoon te maak. Ek kon die volgende twee tot drie dae nie funksioneer nie. Dankie vir julle uitsending en die begrip en liefde waarmee julle hierdie saak hanteer het. Kan hoor julle is nie "law of attraction" voorstaanders nie 😂

    • @Scriptura
      @Scriptura 3 роки тому

      Baie dankie vir jou waardevolle bydrae, Joretha! Dalk sien iemand ook jou kommentaar en word daardeur gehelp! Groete

  • @JorethaPhotos
    @JorethaPhotos 3 роки тому

    Profeet Leon du Preez

    • @Scriptura
      @Scriptura 3 роки тому

      Jy is in die kol.

    • @JorethaPhotos
      @JorethaPhotos 3 роки тому

      Enige opnames oor die Passion Vertaling?

    • @Scriptura
      @Scriptura 3 роки тому

      @@JorethaPhotos ongelukkig (nog nie), Joretha.

  • @JorethaPhotos
    @JorethaPhotos 3 роки тому

    ua-cam.com/video/ocHm18wUAGU/v-deo.html

  • @JorethaPhotos
    @JorethaPhotos 3 роки тому

    Uiteindelik mense vir wie die Woord van God hoogste gesag dra. Amen!

    • @Scriptura
      @Scriptura 3 роки тому

      Dankie dat jy luister, Joretha.

  • @gerdavisser5891
    @gerdavisser5891 3 роки тому

    Kan 'n mens nie ook sê, dat jy God versoek in eetversteuring nie. Want jy doen dit deur jou gesondheid in gevaarstel.

  • @JorethaPhotos
    @JorethaPhotos 3 роки тому

    Angs is ook een van die eienskappe van Aspergers Sindroom. Ek het kinders wat op die oog af normaal voorkom maar met Aspergers Sindroom gediagnoseer is. Die eerste en mees opvallende eienskap by meeste Aspies is sosiale uitdagings. Daarmee saam is om werklik by die liggaam van Christus ingeskakel te wees ʼn groot uitdaging. Nie eers te praat van swart en wit denkwyse - boodskappe moet teologies korrek wees volgens die Woord. As enige predikant neig na Voorspoedteologie gaan daar alarms af. Hoe kry ons ʼn gemeente om in te skakel met hierdie kombinasie? En gemeentes wat werklik stry om nog by suiwer teologie te hou is skaars.

  • @Yuri_Jonker
    @Yuri_Jonker 3 роки тому

    Ek luister van Nieu Seeland af

    • @saamlees
      @saamlees 3 роки тому

      Dankie dat jy luister, Yuri

  • @Yuri_Jonker
    @Yuri_Jonker 3 роки тому

    Dankie dat julle dit doen

  • @wilnaswanepoel2619
    @wilnaswanepoel2619 4 роки тому

    Baie dankie julle, dit was ‘n noodsaaklike gesprek sodat ons weer met vars oë dit aan ons naastes kan oordra.

  • @nobodygh
    @nobodygh 4 роки тому

    het julle 'n potgooi? Dan kan ek in die kar luister

    • @Scriptura
      @Scriptura 4 роки тому

      Ons het - soek gerus op Apple Podcasts of Spotify vir "Radio Scriptura". Andersins kan jy ook ons potgooi luister op ons webblad: www.scriptura.co.za Groete

  • @gerhard3607
    @gerhard3607 4 роки тому

    Daar is absoluut geen skrif in die bybel wat se dat die bediening van apostel,profeet en die gawes van Heilige Gees opgehou het nie,Christus het dit vir die kerk gegee en die kerk bestaan vandag nog,mense praat in tale vandag nog.Daar is so baie opinies,laat ons maar in die woord bly.Die ware kerk van God is die een wat in die woord bly.Gee asb meer skrif en minder opinie.

    • @Scriptura
      @Scriptura 4 роки тому

      Hebreërs 1:1

    • @gerhard3607
      @gerhard3607 4 роки тому

      @@Scriptura Jy haal Heb 1:1 uit konteks.In die ou dae het God profete gestuur om te praat,nuwe testament het ons Jesus gekry ,ons word gelei deur die Heilige Gees,dit se nie daar is nie bediening vir profeet nie.Die skrif is baie duidelik in Efesiers dat Jesus Apostels,profete ens vir die OPBOUING van die LIGGAM VAN CHRISTUS,ons is die kerk,die liggaam,die 5voudige bedieninge moet christene opbou-train vir dienswerk.Gaan lees ook asb. 1 korinthiers 12:7-11 en 1Korinthiers 12:18 Die skrifte is baie duidelik.If God said it,believe it and settle it.

  • @parisfrancemission
    @parisfrancemission 4 роки тому

    O man van ongeloof, hoe is dit dat jy spreek oor dit wat jy van onseker is? Was Celliers ni di Prediker en tog se jy sy woord is die onbetroubaarste bron? Die belangrikste dag in die Suid-Afrikaanse geskiedenis word steeds gevier en vereer deur diegene wat God liefhet en die gelofte aan God in hul harte hou. 'N Gelofte wat belowe dat as God hulle van hul vyand verlos, dat hulle en hul kinders en kleinkinders vir 'n geslag sal kom, vier hierdie dag, 16 Desember, as 'n heilige dag wat vir God afgesonder is, vir sy goedheid. en genade aan 'n minderheid mense teen 'n sterk en magtige vyand. God seën elkeen van hul gesinne met veiligheid en sekuriteit wat hul geloftes van die skrik wat hulle elke dag in hierdie land teëkom, sal eer en vervul. Hy is nie 'n man om voor te lieg nie, en ook nie soos die mensekinders om te belowe en nie te onderhou nie. God is getrou om sy beloftes na te kom. Dankie, Vader God. Mag u my en my huis seën met u redding vir geslagte in Jesus Naam. amen #bloedrivier #16Desember1838 #Gelofte #Boer #Afrikaner #SuidAfrika #Voortrekkerhoogte #Pretoria